Soek
-
Recent Posts
Recent Comments
Archives
Categories
Monthly Archives: January 2006
Koos en die tandarts
Piet: “Kyk hoe lyk jy. Wat het jy nou weer aangevang?” Koos: “Ek het die tandarts geslaan.” Piet: “Hoekom?” Koos: “Hy’t op my senuwees gewerk.”
Check the bands
Koos stop by die Engelse vulstasie. “Hey, ou,” sê Koos. “Gooi some petrol in and check the bands, man.” Die petroljoggie kyk hom verbaas aan. “I beg your pardon?” vra hy. Koos draai na Piet toe: … Continue reading
Die Engels vir “fan belt”
Onnie in die Engelse klas: “Jannie, wat is die Afrikaanse woord vir fan belt” Jannie: “Bewonderaarsgordel, Meneer.”
By die tabakboer
Die tabakboer wys vir die blondine hoe sy plaas lyk. Terwyl hulle so na die tabakplante staan en kyk, vra die blondine: “Wanneer word die sigarette ryp?”
Adam en Eva nie Chinese
Waarom is die wetenskaplikes heeltemal seker dat Adam en Eva nie Chinese was nie? As hulle Chinese was, sou hulle die slang geëet het.
Fortuinverteller
Fortuinverteller: “Jy sal arm en ongelukkig wees tot jy veertig is.” “Ja, en dan?” “Dan sal jy daaraan gewoond raak.”
Posted in Kort grappe
Comments Off
Slim Salomo
Ooit gewonder hoekom Salomo die wysste man op aarde was? Omdat hy so baie vroue gehad het om hom raad te gee.
Hoe om tande te versorg
Hoe kan ‘n mens seker wees dat jou tande mooi bly tot jy oud is? Borsel jou tande na elke ete. Besoek die tandarts elke ses maande. Hou jou neus uit ander mense se sake.
