Soek
-
Recent Posts
Recent Comments
Archives
Categories
Monthly Archives: February 2006
Vroue besparing
‘n Man se kredietkaart is gesteel maar hy het besluit om dit nie te rapporteer nie – die dief spandeer minder as sy vrou.
Was minder gereeld
Jannie: “Ma, Meneer het Pietie gister huistoe gestuur omdat hy nie gewas het nie.” Ma: “Het dit gehelp?” Jannie: “Baie. Vandag het niemand gewas nie.”
Wat is die definisie van teenspoed?
Wanneer ‘n cool meisie met ‘n bikini aan op die strand verbystap …………… en die wind waai sand in jou oe.
Posted in Kort grappe
Comments Off
Doodsberig
Gehoor van die filmster wat die oggend van sy eie dood in die koerant lees? Hy bel dadelik sy vrou en vra haar of sy ook die berig gesien het. “Ek het,” antwoord sy. “Waarvandaan bel jy?”
Afslag eiers
Huisvrou: “Wat kos die eiers?” Winkelier: “Nege sent stuk, maar as u ‘n gekraakte een kry, kos hy net vyf sent.” Huisvrou: “Kraak asseblief vir my ‘n dosyn.”
Min gepraat
Ek het nie die afgelope 18 maande met my vrou gepraat nie – ek val haar nie graag in die rede nie!
Posted in Kort grappe
Comments Off
Dinge wat jy nooit in die kerk hoor nie
1. Haai, dis my beurt om in die voorste bank te sit. 2. Ek was so aangegryp dat ek nooit agtergekom het dat jou preek 25 minute te lank was nie. 3. Ek moet sê ek hou baie meer van … Continue reading
In Woolworths………
"Mamma, mamma, die kinders sê ek is vet!" "Toemaar my skat, moenie jou aan hulle steur nie. Kom ons kyk nou watter tent pas."
