Soek
-
Recent Posts
Recent Comments
Archives
Categories
Monthly Archives: June 2006
Moenie vir my betaal nie
Die seuntjie sit in die kerk en sien hoe die diakens in die gang afkom en kollekte opneem. Hy leun oor na sy ma toe en sê " Moenie vir my betaal nie ek is nog onder ses!"
Die blondine kuier op die plaas. “Ek kan nie verstaan waarom die melk vanoggend so waterig lyk nie,” sê die boervrou. “Seker omdat die koeie die hele nag in die reën gestaan het,” antwoord die blondine.
TAKT definisie
Die vermoë om jou mond toe te maak voor iemand anders dit vir jou doen.
Hy raak al beter
Klein Anna-Marie sit op oupa se skoot terwyl hy vir haar Bybelstories lees. Sy streel oor oupa se geplooide gesig en ook oor haar eie en vra toe: "Oupa, het die Here vir oupa gemaak?" "Ja, my ding," antwoord hy … Continue reading
‘n Opregte brief aan ‘n skuldeiser
Meneer U brief waarin u my dreig dat indien ek nie betaal nie, het vandag hier aangekom. Ek en my seuns het groot plesier daaruit geput aangesien dit baie gedagtes teruggebring het. In 1945 het ek ‘n saagmeul op skuld … Continue reading
