Lang grappeVan der MerweG'n wonderGradering: 3.53Die sewejarige Jannie het gewonder waar hy vandaan kom. "Hoe het ek hier gekom, Mamma?" vra hy ewe onskuldig. Sy ma gee hom toe die standaard antwoord : "Die ooievaar het jou gestuur.' "Het die ooievaar vir mamma ook hiernatoe gestuur?" "Ja my kind, hy het my ook gestuur." "En vir ouma en oupa en pappa ook?" vra klein Jannie Weer sê sy ma ja. Jannie skud sy kop in ongeloof "Wil ma nou sê dat niemand in hierdie familie die afgelope 200 jaar seks gehad het nie?" G'n wonder almal is so dikbek nie!"
|
|
||||||||||||||
|
Vorige