21 gebruikers aanlyn   |




Lang grappe

Van der Merwe

Matriek eksamen vraag & antwoord

Gradering: 3.55

Naam: Kleinkoos Van der Merwe VRAAG 1:

VERTAAL IN ENGELS: Soos in die tyd van die Voortrekkers, het ek en my swaer,Jan, ystervarke en stinkmuishonde gaan jag met die dubbelloop-haelgeweer. Uiteindelik sien my swaer Jan 'n stinkmuishond, sit 'n patroon in die loop, le aan, trek los en daar le die stinkmuishond bene in die lug. Net toe ons nader kom ruik ons hoe die stinkmuishond stink en hardloop weg. My voet haak toe vas aan die wortel van 'n boom, ek slaan neer en breek my sleutelbeen. By die hoofpad uitgekom, staan daar 'n ou met 'n pap wiel. Hy vra toe of ons weet waar hy 'n motorhawe kan kry om lug vir die agterwiel te bekom. Van pure moedeloosheid bly sit ons net daar langs die pad.

ANTWOORD: As in the time of the Frontpullers, me and my heavy, John, went to shoot iron pigs and stink-mice-dogs with a dubble-walk-hailgun. At last my heavy John saw a stink-mouse-dog, so my heavy puts a pattern in the walk, lies on, pulls loose and there lies the stink-mouse-dog, bones in the light. Just as us come close, us smelt how the stink-mouse-dog stinks and runs away quick. My foot hooks fast to the carrot of a tree, I fall down and breaks my keybone. As we came to the chiefroad, there stand an old with a porridge wheel. He asks if us knows where he can get a motorharbour to get some sky for his afterwheel. From pure motherlessness us sits just there next to the road.


Gemerk met: Engels, Kinders, Skool
 
Verwante Grappies
Bad jy?
Koei se kind!
Sondagskool
Moderne Onderwys
Oupa Op Die Stoep

Blinde Skoot
Een vir die boere
Goeie verskoning
Pasop wat jy sê
Gooi die visse asseblief
Die Pil



 Vorige Volgende 

 Gradeer grap 
1 2 3 4 5
 Stuur vir 'n vriend
 Rapporteer 'n fout


:: Grapgat Gunstelinge