16 gebruikers aanlyn   |




Lang grappe

Mike & Kallie

Appelpitte

Gradering: 3.57

Kallie en Mike ry saam bus, en Mike merk op dat Kallie appelpitte uit 'n sakkie eet. "Kallie, wat eet jy daar?" vra Mike. "Dis appelpitte," antwoord Kallie. "Dit maak 'n mens vreeslik slim." So iets klink vir Mike na 'n goeie idee, want hy is self nie sy ma se slimste kind nie. "Nou Kallie," wil Mike weet. "Wil jy nie dalk 'n paar van daardie pitte aan my verkoop nie?" "Natuurlik, Mike," antwoord Kallie inskiklik. "Jy moet net weet dis duur pitte die, dit kos twee rand 'n pit." Mike besluit dit klink na goeie waarde vir geld, en hy het gou 'n sakkie vol pitte van sy eie. Maar terwyl hy sy duur pitte so sit en kou begin hy dink. Twee rand per pit is nogal baie, en vir al die geld wat hy vir 'n handvol pitte betaal het kon hy eintlik 'n paar kilogram appels gekoop het. Dan het hy sommer die pitte verniet by gekry. "Maar Kallie," sê Mike skielik kwaad. "Jy het my mos nou verneuk!" "Sien jy," paai Kallie. "Net drie pitte en jy is sommer al klaar slimmer."

 
Blinde Skoot
'n Vreemdeling in die nag
Een Aand Op 'n bus
Arme Volla
Stammetjie
Dis nou slim



  Volgende 

 Gradeer grap 
1 2 3 4 5
 Stuur vir 'n vriend
 Rapporteer 'n fout


:: Grapgat Gunstelinge