Lang grappeAllerleiKinders se sęgoedGradering: 2.88Sarie vertel dat toe sy en haar kleindogter deur 'n tydskrif blaai en op 'n foto afkom van 'n skouerlose bloesie, se die kleinding. "Ouma, jy moet vir my ook so bloesie maak sonder handvatsels." xxx
Die seuntjie sit in die kerk en sien hoe die diakens in die gang afkom en kollekte opneem. Hy leun oor na sy ma toe en sê " Moenie vir my betaal nie- ek is nog onder ses!"
xxx
'n Klein dogtertjie sit rusteloos en rondskuif in die kerk toe die diens darem te lank aanhou na haar sin. Uiteindelik fluister sy vir haar ma: "As ons nou vir hom die geldtjies gee - sal hy ons dan laat gaan?" xxx
Tammie was vier toe sy en haar ma eendag 'n ou dame met redelik baie plooie ontmoet. Tammie het so rukkie vir haar staan en kyk en vra toe: "Hoekom pas jou vel nie oor jou gesig nie?"
xxx
Op 'n keer vra die vyfjarige Melanie vir ouma hoe oud sy is. Ouma antwoord dat sy nou al so oud is dat sy nie eers meer kan onthou hoe oud nie. Melanie gee toe goeie raad. "Ouma moet net agter in ouma se panties kyk. Myne se vyf tot ses!"
xxx
Nadat Brittany 'n ruk gespook het om die botteltjie met pille oop te maak, verduidelik ma dat die prop "Kinderproef" is en dat sy sal moet help. Met groot oe vra Brittany: "Maar hoe het die botteltjie geweet dis ek wat hom wil oopmaak?"
|
|
||||||||||||||
|
Vorige