SKRYWERSLOON
Gradering: 3.50
Drie seuntjies spog by die skool oor hulle pappas. Die eerste een sê: "My pa skryf 'n paar woorde op 'n stuk papier, en noem dit 'n gedig en dan gee hulle hom sommer R500." Die tweede een sê: "Dis nog niks nie. My pa skryf 'n paar dinge op 'n stuk papier, en hy noem dit 'n lied, en dan gee hulle hom R1000." Die derde seuntjie sê: "My pa is nog beter. Hy skryf 'n paar woorde op 'n stuk papier en noem dit 'n preek. En dan vat dit agt manne om al die geld bymekaar te maak!"