21 gebruikers aanlyn   |




Lang grappe

Van der Merwe

Die suksesvolle winkelklerk

Gradering: 3.92

Piet kry werk as winkelklerk. 'n Klant kom in en vra vir 'n blik pruimkonfyt. Piet kyk rond maar kan nie pruimkonfyt kry nie. "Jammer, mevrou, maar ons het nie pruimkonfyt nie." Toe die dame uitstap, roep die baas vir piet nader. "Dis mos nie die manier waarop 'n mens goed verkoop nie," beduie hy. "As daar nie pruimkonfyt is nie, dan sê jy: 'Jammer, mevrou, die pruimkonfyt is op, maar ons het pas nuwe voorrade druiwe-, appelkoos- en vyekonfyt gekry. Wil u nie daarvan probeer nie?' Verstaan jy?" "Ja, meneer." 'n Rukkie later stap 'n man die winkel binne en vra vir toiletpapier. Piet soek, maar kan niks kry nie. "Jammer, meneer, maar ons toiletpapier is op. Ons het wel deurslagpapier, skuurpapier en konfetti. Wil u nie daarvan probeer nie?"

 
Blinde Skoot
Varke Teel
Lewensles
Dis 'n bargain!
Pineapple Special
Swak bestuurder



 Vorige Volgende 

 Gradeer grap 
1 2 3 4 5
 Stuur vir 'n vriend
 Rapporteer 'n fout


:: Grapgat Gunstelinge